Witrivier-buurtwag ontvang selfverdedigingsopleiding


Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het onlangs selfverdedigingsopleiding voltooi wat deur Piet Venter aangebied is. Dit vorm deel van ’n reeks opleidingsgeleenthede wat dié buurtwaglede bywoon om te verseker dat hulle korrek optree tydens noodsituasies.

Addisionele opleiding word reeds vir die Witrivier-buurtwag oorweeg, terwyl wetlike toepassings en patrollietegnieke ook hersien moet word.

“Dit is noodsaaklik vir ons lede om na hul eie veiligheid en welstand om te sien en paraat tydens ’n noodgeval op te tree. Ons moet altyd voorbereid wees vir enige situasie,” sê Johan Pelser, voorsitter van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Witrivier” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings