Witrivier-buurtwag ontvang koeëlvastebaadjies


Lede van die AfriForum-buurtwag in Witrivier het onlangs koeëlvastebaadjies ontvang.

“Die buurtwag werk gereeld saam met die plaaslike polisie en ander veiligheidsinstansies om misdaad in die omgewing te bekamp en dit is belangrik dat alle lede oor die nodige veiligheidstoerusting beskik,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga-Oos.
“’n Mens weet nooit hoe ’n noodsituasie gaan uitdraai nie en daarom is dit belangrik om alle moontlike stappe te neem om buurtwaglede te beskerm,” sê Johan Pelser, ondervoorsitter van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

Soortgelyke plasings