Wes-Moot-buurtwaglede neem deel aan massapatrollie


Sowat 40 lede van onderskeidelik AfriForum se Wes-Moot-buurtwag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die afgelope naweek aan ’n massapatrollie deelgeneem.
Die patrollie het op Saterdag, 1 Julie 2017 om 15:00 afgeskop en tot Sondagoggend 2:00 geduur. Geen ernstige voorvalle van misdaad is tydens die patrollie aangemeld nie.

“Buurtwagpatrollies soos dié massapatrollie het ten doel om die sigbaarheid van veiligheidstrukture te verhoog en misdaad te voorkom,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.
“Die Wes-Moot-buurtwag sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies doen om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies te poog om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Ilse Nortje, veiligheidsvoorsitter van die Wes-Moot-buurtwag.

Raak vandag betrokke deur “Buurtwag” na 45341 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings