Spyskaart +

Welkom se drinkwater is skoon en voldoen aan gesondheidstandaarde

November 20, 2015 deur Esmarie Prinsloo

Welkom se drinkwater is skoon en voldoen aan gesondheidstandaarde. AfriForum het die feit met Sedibeng Water bevestig.

Die verklaring word uitgereik ter aanvulling van ʼn verklaring oor besoedeling in die omgewing wat gister deur AfriForum uitgereik is.

Ondergrondse waterbronne, stroomaf van Witpan, Welkom, kan egter moontlik met besoedeling te kampe kry weens bloed afkomstig van die slagpale en riool wat nie deur Witpan se rioolsuiweringsaanleg gesuiwer en op standaard gestort word nie. AfriForum wil boere ook graag waarsku oor die moontlikheid van besoedelde water.

Vir enige navrae, skakel Johann Hattingh by 072 380 2949.