Spyskaart +

Weg met Hlaudi

sabc
Junie 29, 2016 deur afriministrator

Hlaudi Motsoeneng het onlangs aangekondig het dat die televisiekanale van die nasionale uitsaaier onmiddellik sal ophou om beeldmateriaal uit te saai van die vernietiging van eiendom tydens protesoptogte. Hy het verder aangekondig dat radiostasies verbied word om spesifieke redakteurs en mediamense van buite die SAUK as kommentators oor interne SAUK-aangeleenthede te gebruik en om negatiewe beriggewing oor pres. Jacob Zuma uit te saai.

AfriForum loods ʼn nasionale petisie vir die bedanking van Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK).

Jy kan AfriForum help om Motsoeneng uit die kussings te lig deur aan ʼn nasionale petisie hieronder deel te neem. Sodra jy die petisie teken, sal daar outomaties ʼn e-pos aan Motsoeneng gestuur word wat sy bedanking eis.

Geagte mnr. Motsoeneng,

As ʼn lid van die Suid-Afrikaanse publiek eis ek hiermee dat u u bedanking indien op grond van die volgende vyf punte:

  1. Landsburgers kan nie ingeligte besluite neem sonder geloofwaardige inligting nie. Dit is ’n skending van die publiek se basiese menseregte soos vervat in ons Grondwet.
  2. Die Grondwet waarborg dat elkeen se reg tot vryheid van uitdrukking beskerm sal word, wat die vryheid van die pers en die vryheid om inligting te ontvang, insluit.
  3. Onder u swak leierskap het die SAUK agteruitgegaan en sewe miljoen Suid-Afrikaners wat van die SAUK se TV-nuusbulletins en radio-uitsendings gebruik maak, word nou deur eensydige en gemanipuleerde beriggewing mislei.
  4. Die nuus moet verder regverdig, onpartydig, gebalanseerd en onafhanklik van die regering, kommersiële en ander belange aangebied word.
  5. Die nuus moet billik wees teenoor die publiek deurdat verskeie perspektiewe in die openbare belang uitgesaai moet word.

Die onlangse besluit om sensuur in SAUK-nuuskanale toe te pas, strook nie met die bogenoemde vyf punte nie en is nie in die beste belang van die gemeenskap geneem nie. Om te verseker dat die publiek se grondwetlike regte in Suid-Afrika seëvier, eis ek hiermee u bedanking.

Groete,

  • Bepalings en voorwaardes geld.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.