Watter redes sou jy aanvoer dat dié standbeeld behoue moet bly?

Pres. M.T. Steyn se standbeeld moet bly. #SteynMoetBly

 

Laat Steyn staan … 

Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het in 2018 aansoek gedoen om die standbeeld van president M.T. Steyn van die Bloemfonteinse kampus te verwyder omdat dit sommige studente “aanstoot gee”. AfriForum het suksesvol teen die aansoek geappelleer.  Die burgerregteorganisasie meen dat die verwydering van die standbeeld polarisasie en rassespanning op die kampus en in die provinsie en land as geheel sal aanwakker. President Steyn het met groot persoonlike opoffering teen koloniale onderdrukking geveg. Hy was ook die vader van die idee van ’n Vrystaatse universiteit en verdien erkenning daarvoor. Mense uit verskillende gemeenskappe moet leer om mekaar te respekteer. AfriForum se appèl het geslaag, maar nou het die universiteitsowerhede versoek dat ’n onafhanklike tribunaal dié beslissing moet heroorweeg. Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, sal op 4 Maart 2020 voor die tribunaal te verskyn en opnuut verduidelik waarom AfriForum die verskuiwing teenstaan. As jy met die tribunaal kon praat, watter drie redes sou jy aanvoer vir die behoud van president Steyn se beeld?

Hier is ’n paar redes vir die behoud van die standbeeld: 

  • Steyn was die vader van die ideaal om ’n Vrystaatse universiteit te vestig.
  • Hy het teen Britse kolonialisme en imperialisme geveg.
  • Hy het persoonlike gerief en selfs sy gesondheid ter wille van sy landgenote opgeoffer het.
  • Hy het die basis gelê waarop die Vrystaat vandag as moderne staatkundige instelling funksioneer.
  • Die meerderheid deelnemers aan UV se openbare raadplegingproses oor die toekoms van die standbeeld het gestem dat dit op die kampus bly.
  • Ek is ’n Kovsie-student en as die standbeeld nie meer op die kampus welkom is nie, sal ek óók nie meer welkom voel nie.
  • Ek glo eerder dat meer standbeelde van helde van alle gemeenskappe en oortuiginge opgerig moet word, as dat enige standbeelde verwyder moet word.
  • Dit is onregverdig dat een generasie studente besluit oor die verwydering van erfenisuitbeeldings op ’n kampus namens komende generasies wat dalk heeltemal anders hieroor sou voel.
  • Ek het begrip vir studente en dosente wat pres. M.T. Steyn nie as held beskou nie, maar ek glo dat daar beter oplossings gevind kan word as om net dié studente se wense te respekteer en die wense te ignoreer van studente en dosente wat anders hieroor voel.
  • Leiers van die verlede behoort erkenning te geniet vir die bydraes wat hulle tot die land gemaak het, soos die aanhef van ons Grondwet bepaal.
  • Standbeelde gee kleur aan ’n kampus en is ’n universiteitsbate wat nie sommer vervreem mag word nie.
  • Standbeeld het betekenis op die plek waar dit oorspronklik opgerig is; om dit te verskuif, gaan afbreek hieraan doen.
  • Standbeelde gee vir ons ’n aanknopingspunt om oor verskillende ervarings en menings oor die verlede te gesels. As dié beelde verwyder word, verloor ons hierdie geleentheid vir gesonde debatvoering.
  • Die verwydering van die standbeeld gaan rassespanning en polarisasie op die kampus vererger.
  • Ons moet die invloedryke figure van die verlede in die konteks van hul eie tyd beoordeel en nie volgens die waardes en norme van ons eie tyd nie.
  • Die verwydering van die standbeeld is die stigmatisering van my gemeenskap se verlede en ek stem glad nie saam daarmee nie.
  • Ek het geen beswaar teen die oprigting van meer standbeelde nie, maar ek het beswaar teen die verwydering van bestaande beelde.

AfriForum versoek lede van die publiek wat die appèl teen die permit en verskuiwing van die standbeeld wil ondersteun om “Steyn” na 42315 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings