--> -->
Spyskaart +

Wat het julle gedoen?

November 9, 2018 deur Leomar van Schalkwyk

Die is ’n vraag wat baie keer vra word wanneer AfriForum ter sprake is. AfriForum is ’n DOEN-organisasie en die lys word met elke dag, maand en jaar net langer. Maar meer spesifiek is dié keer se antwoord op AfriForum se omgewingsakeprojekte gefokus.

Wat het AfriForum se Omgewingsake-afdeling die jaar gedoen?

Behalwe vir maandelikse opleiding oor omgewingskwessies wat aan takstrukture gebied word, is daar hofsake wat gevoer word om te verseker dat ons nageslagte ’n groen toekoms het. Hier is van die grootste projekte van 2018:

  • Die blou-en-groendruppelprojek, wat jaarliks watergehalte regoor die land toets. Klik hier om die verslag af te laai.
  • Die vullisterreinprojek is gemik op positiewe verandering in die bestuur van afval oor die hele Suid-Afrika heen, en om betrokke amptenare en departemente verantwoordbaar te hou. Klik hier om die verslag af te laai.
  • Boomplantmaand: Nasionale Boomplantdag word jaarliks op 1 September gevier. AfriForum se omgewingsakespan het dié dag in maand lange projek omskep en het in 2018 om en by 3 000 bome geplant. Lees hier

Sluit by AfriForum aan as dié projekte jou na aan die hart lê. SMS “Groen” na 45354 (R1) Of raak betrokke by jou naaste AfriForum-tak.