Vryburg-gemeenskap werk saam om waterlek te herstel


Die gemeenskap van Vryburg het op Maandag, 19 Februarie, saamgewerk om ’n groot waterlek in dié dorp se hoofstraat te herstel wat ontstaan het weens ’n vergane pyp wat gebars het.
Toe dit blyk dat die munisipaliteit nie in staat is om die herstelwerk sélf te doen of al die materiaal aan te koop nie, het lede van die gemeenskap, waaronder ook AfriForum-lede, ingespring om die nodige aan te koop en die lek te herstel. Inwoners en die plaaslike AfriForum-tak het skenkings gemaak om materiaal aan te koop en die munisipaliteit ook persoonlik gehelp om die waterlek teen 22:00 te herstel.

“Hoewel dit onrusbarend is dat die Naledi plaaslike munisipaliteit oor feitlik geen vaardighede of vermoë meer beskik nie, is ’n wonderlike verskynsel in Vryburg aan die gebeur: Inwoners spring in en doen dinge sommer self. Dit is heerlik om te sien hoe ons mense kan saamstaan. AfriForum is dankbaar vir elke persoon wat hierdie gesindheid openbaar en ons bly glo dat selfdoen beter is as niksdoen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Vryburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings