|

Video: Toekoms van Grootfontein Landboukollege in gedrang

Die Grootfontein Landboukollege in Middelburg in die Oos-Kaap se toekoms is in gedrang weens ʼn verbrokkelde infrastruktuur, wandaministrasie en swak bestuur.

Studente van dié landboukollege is ontevrede oor die instandhouding en bestuur van die koshuise, geriewe én die kollege se sewe opleidingsplase. Hulle het ernstige vrae en bedenkinge oor die handhawing van gehalte-onderrig weens inmenging deur vakbonde en die miskenning van hul taalregte.

Sowat 50 Studente het tydens ʼn besoek van AfriForum hul misnoeë met die situasie te kenne gegee deur ʼn nagemaakte varkhok by die kampus se ingang op te rig. Dié drastiese stap volg op herhaalde pogings deur studente en AfriForum Jeug om die probleme en griewe van studente onder die kollege-direkteur, mnr. Tino Herselman, en dosente se aandag te bring. Talle skrywes en oproepe het weinig tot geen reaksie ontlok.

Dit is van kritieke belang dat die kollege se voortbestaan verseker moet word omdat die gemeenskap van die dorp ook direk daardeur geraak word.

As daar dringend by die kollege ingegryp word en die politieke wil daar is om die talle probleme hok te slaan, kan Grootfontein weer een van die beste landboukolleges in die land word.

Soortgelyke plasings