Verlaag die brandstofprys verder (en keer nog stygings)!

AfriForum gaan op Dinsdag 11 Desember 2018 ’n petisie by die parlement indien oor die vermindering van die brandstofheffings. Dit sal op dieselfde dag ook na die departement van energie gestuur word.

Ondanks ’n afname van R1,85 per liter op Woensdag 5 Desember 2018, bly die brandstofprys hardnekkig hoog op R15,02 per liter. Loodvrye 93-brandstof het in Maart vanjaar nog R13,54 per liter gekos en R12,61 in 2015. Kenners meen ook dat die jongste daling in 2019 deur nuwe stygings oortref kan word en dat die brandstofprys aan die einde van 2019 R20 per liter kan wees.

Die algehele brandstofheffing beloop nagenoeg R4 van ’n liter brandstof se prys en nog sowat R2 per liter finansier die Padongelukkefonds (POF). Hierdie heffings is vanjaar onderskeidelik met 22c en 30c per liter verhoog.

Terwyl belastingbetalers en padgebruikers al hoe duurder vir brandstof moet betaal, is ten minste R51 miljard se onreëlmatige besteding by nasionale en provinsiale staatsdepartemente en staatsbeheerde ondernemings vir die 2017–18-finansiële jaar aangeteken. Dit is afgesien van vermorste en vrugtelose uitgawes. Die POF was vanjaar ook vir die verkeerde redes in die nuus oor onder meer ’n kantoormeubeltender om R1 666 per maand per stoel te betaal. Dan word daar gekla oor te min geld terwyl daar só vermors word.

Voeg jou naam by die petisie en laat jou stem hieroor hoor:

Soortgelyke plasings