|

Verander jou adres om jou Forum Tydskrif op jou voorstoep te kry

Tydskrifte

AfriForum is tans in die proses om alternatiewe verspreiders vir die Forum Tydskrif te oorweeg in die lig van deurlopende probleme met aflewering deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor.

Om te verseker dat lede hulle tydskrif betyds en op hul voorstoep afgelewer kry, is dit noodsaaklik dat daar ’n oorskakeling van pos- na straatadresse moet wees waar moontlik.

Die organisasie besef egter dat dié opsie nie op almal van toepassing kan wees nie gegewe geografiese ligging. Ons doen dus ’n beroep op lede, veral dié wat tans sukkel om hulle tydskrif te kry, om hul straatadres en ander toepaslike besonderhede te gaan opdateer by: https://afriforum.co.za/operasie-opdateer/.

Lede met geen internettoegang nie, kan ʼn e-pos stuur na admin@afriforum.co.za

Meer as 30 000 lede het reeds hul adresse opdateer en in die proses het van hulle groot pryse losgeslaan waaronder ’n motor, sleepwaentjie, kragopwekker en talle geskenkbewyse.

Verander jou adres om dit vir ons makliker te maak om jou Forum op jou voorstoep te kry.

Soortgelyke plasings