Ventersdorp-buurtwag help opruim ná onluste


AfriForum se Ventersdorp-buurtwag het dié dorp help opruim ná betogende inwoners die strate onbruikbaar gelaat het. Die betogers het op 8 Oktober 2018 die dorp ingevaar weens ontevredenheid oor die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se swak dienslewering.

Rotse, klippe en hope rommel het die strate vol gelê en ’n gevaar vir motoriste ingehou. Buurtwaglede het inisiatief geneem om ná afloop van die betoging die versperrings en ander rommel te verwyder en die pad weer bruikbaar te maak.

“Aangesien protesoptogte ’n gereelde verskynsel in Ventersdorp geword het, is die buurtwag veral dankbaar teenoor die polisie, Ventersdorp se inwoners en ander instansies in die gemeenskap wat hulle tydens soortgelyke opruimaksies bystaan en sodoende ook die dorp se veiligheid bevorder,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak vandag by jou plaaslike buurtwag betrokke deur “Buurtwag” te SMS na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings