Vanderbijlpark se drinkwater steeds skoon


AfriForum se Vanderbijlpark-tak het na aanleiding van verskeie navrae en gerugte op 11 en 12 November 2017 ’n tweede rondte watertoetse in dié dorp gedoen. Talle lede van die publiek het op sosiale media gereageer oor die beweerde swak watergehalte in Vaaloewer. ’n Video-insetsel wat rioolbesoedeling in die Vaalrivier uitbeeld, is ook versprei. Na aanleiding hiervan was inwoners bekommerd dat Vanderbijlpark se drinkwater ook deur riool besmet is.
AfriForum het drinkwatermonsters in die C- en S-gebiede geneem. Die toetse se uitslae dui daarop dat drinkwater wel aan die nodige wetlike standaarde voldoen. Geen tekens van E. coli is verder bespeur nie.

“Dit is belangrik om te waak teen die verspreiding van gerugte wat onnodige paniek saai. Dit is egter net so belangrik vir elke lid van die publiek om druk op die plaaslike munisipaliteit toe te pas om rioolaanlegte in stand te hou,” sê Brandon de Winnaar, voorsitter van die omgewingsakeportefeulje van AfriForum se Vanderbijlpark-tak.

Inwoners wat graag by die tak se aksies en projekte betrokke wil raak, kan ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com stuur.
Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings