Vaalharts-tak oorhandig PAIA-aansoek aan munisipaliteit


Die AfriForum-tak in Vaalharts het op Vrydag 17 Februarie 2017 ʼn afspraak met mev. Mogale, die munisipale bestuurder van die Phokwane Munisipaliteit, gehad om ʼn aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, (PAIA) aan hom te oorhandig.  
Mogale het egter nie die afspraak nagekom nie en die dokumente is aan haar sekretaresse oorhandig. Die aansoek word gebring om te bepaal hoe ʼn uitbreiding in die Vaalharts-gebied binne 500 m van ʼn stortingsterrein goedgekeur kon word.
Die PAIA-aansoek versoek die volgende inligting: notules van vergaderings, publikasies in koerante, presensielys van gemeenskapsvergaderings en uitslae van impakstudies.

“Dit is tyd dat die munisipaliteit die gemeenskap ernstig opneem. Daar word nie aandag aan die gemeenskap se versoeke gegee nie,” sê Theo Joubert, voorsitter van die AfriForum-tak in Vaalharts.

Linja van Wyk, AfriForum se streekskoördineerder vir die Noord-Kaap, sê dat dit disrespekvol is as iemand nie ʼn voorafooreengekome vergadering bywoon nie.

Soortgelyke plasings