Tzaneen-tak maak dam wéér skoon

 

AfriForum se Tzaneen-tak het op Saterdag, 5 Augustus die Tzaneen-dam vir die tweede keer vanjaar skoongemaak. Die projek is in samewerking met die Letaba Bassmasters, Wolkberg Akademie, Rhino Chemicals, Sosal Tzaneen, Drone Tronix en Tzaneen-natuurbewaring en vrywilliges uit die gemeenskap aangepak.

“Die projek het ten doel om natuur- en omgewingsbewaring te bevorder. Die besoedeling van die dam, die onwettige storting van vullis en onwettige vissery is reusebedreigings vir die ekostelsel,” sê Pieter Venter, voorsitter van die plaaslike tak.

Venter sê voorts dat ses bote en ’n waterponie gebruik is om nette te verwyder wat tydens onwettige visserye in die damme agtergelaat is.
Volgens Lizandra Viviers, die tak se sekretaris, beplan die tak om nóg soortgelyke projekte saam met die gemeenskap aan te pak en ’n volhoubare verskil te maak.

Soortgelyke plasings