Thandi Modise se hofverskyning tot Julie uitgestel


Thandi Modise, voormalige voorsitter van die nasionale raad van provinsies en tans speaker vir die nasionale raad, sou vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse streekshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling. Haar regspan het egter aangevoer dat sy weens haar verantwoordelikhede as parlementêre speaker en voorsittende beampte by president Ramaphosa se staatsrede in Kaapstad nie in die hof sal kan verskyn nie.
AfriForum se privaatvervolgingspan het egter aangevoer dat die parlementêre speaker se posisie haar nie bo die land se howe verhef nie. Die dagvaarding om in die hof te verskyn is op 15 Mei 2019 aan Modise oorhandig.
Die saak volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid verlede jaar aangekondig het dat hy Modise namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg. Die verhoor is tot 22 Julie 2019 uitgestel.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid verwelkom die verhoor, sodat Modise uiteindelik verantwoording kan doen vir hierdie wrede geval van dieremishandeling. Selfs nie die speaker van die parlement behoort vervolging te kan vryspring bloot omdat sy ’n politieke hooggeplaasde is nie. Ons betrokkenheid onderstreep die respek wat ons vir die NDBV se onbaatsugtige werk het,” sê Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Volg hierdie skakels vir agtergrond oor dié saak:

Soortgelyke plasings