|

Thandi Modise maak eerste hofverskyning in Potchefstroom

Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, het vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling.

Die saak is uitgestel tot 30 Oktober vir voorverhoor-beraadslaging tussen haar regspan en AfriForum, wat Modise privaat vervolg namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV). ’n Verhoordatum sal na verwagting dan bepaal word.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid is juis gestig om in sake soos dié van Modise, waar die NVG oënskynlik om politieke redes sy plig versuim, toe te tree en privaat te vervolg om geregtigheid te help verseker,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Soortgelyke plasings