Spyskaart +

Taksuksesse

Maart 9, 2017 deur Admin

Taksuksesse: Julie 2017

Bethlehem

  • Die Bethlehem-tak bied op 5 Julie ’n leiersforumsessie vir die jeuggroep onder leiding van mnr. Leon du Plessis aan. Daar was ’n dinkskrum gehou, visgevang, baie vrae gevra en lekker gelag.
  • Die tak bied op 22 Julie ’n selfverdedigings klas vir 45 gemeenskapslede aan. Die selfverdedigingsklasse sal elke maand vir veral vroue aangebied word om hulself te kan beskerm.

Bloemfontein

  • Die Bloemfontein-tak stel die eerste voltydse paramediese voertuig bekend.
  • Die tak teken ’n ooreenkoms met Netcare911.
  • Die tak se beheerkamer is nou in werking en word 24/7 uur beman.

Bloemfontein-Noord

  • AfriForum het op 6 Julie ’n tak in Bloemfontein-Noord gestig.

Langenhovenpark

  • Die Langenhovenpark-tak verkies nuwe bestuur.

Pellissier

  • Die Pellissier-tak arresteer ’n persoon wat in besit van dwelms is.

Uitsig

  • Die Uitsig-tak arresteer twee verdagte huisinbrekers met huisbraaktoerusting in hul besit.
  • Die tak arresteer ’n persoon wat besig was om ’n palisadeheining te steel.

Winburg

  • Die Winburg-tak het die buurtwag op 19 Julie gereorganiseer. Lede is positief dat misdaad nou goed bekamp en voorspel sal kan word.

Bloemhof

  • Die Bloemhof-tak verwys ’n bedrogsaak waarby die munisipaliteit betrokke is na die forensiese deskundige Etienne Lambrecht.

Delareyville

  • Die Vryburg-tak verwys ’n bedrogsaak waarby die munisipaliteit betrokke is na die forensiese deskundige Etienne Lambrecht.

Groot Marico

  • Die plaaslike tak rig op 11 Julie ’n protesmonument teen Zuma in Groot Marico op.

Hartbeespoort

  • Die Hartbeespoort-tak maak ’n beboste area skoon wat gereeld deur misdadigers as wegkruipplek gebruik word.
  • Die tak hou in Julie ’n massapatrollie in antwoord op die beduidende groei van misdaad in die dorp.

Potchefstroom

  • Die Potchefstroom-tak herstel 111 slaggate in twee weke gedurende Julie in die dorp.

Rustenburg

  • Gerrie Nel besoek die gemeenskap van Rustenburg op 11 Julie en ’n AfriForum-tak word ter plaatse gestig.

Vryburg

  • Die Vryburg-tak verwys ’n bedrogsaak waarby die munisipaliteit betrokke is na ’n forensiese deskundige, Etienne Lambrecht.
  • Die tak staan buurtwaglede by wat onregmatig gearresteer word. In samewerking met AfriForum se hoofkantoor word ’n klag teen die staatsaanklaer in Vryburg gelê.

Schweizer-Reneke

  • Die Schweizer-Reneke-tak begin met ’n petisie teen die swak voorsiening van die elektrisiteit in die dorp.

Alberton

  • Die Alberton-tak ontbloot korrupsie van meer as R60 miljoen tussen die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit en die ANC-raadslid Neil Diamond.

Apiesrivier

  • Die AfriForum-buurtwagte van Apiesrivier neem aan ’n gemeenskapspatrollie deel. Die patrollie word deur sowat 181 buurtwaglede, lede van die Tshwane Metropolisie en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgevoer.

Bronkhorstspruit

  • AfriForum-buurtwagte, die SAPD, GE Response en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Bronkhorstspruit-gebied red op 6 Julie ’n kapingslagoffer en spoor kort daarna ook sy gekaapte voertuig op.

Benoni

  • Lede van AfriForum se nuut gestigte Benoni-buurtwag ontvang op 6 Julie en 27 Julie patrollie- en toneelbeheer opleiding.

Hennopsrivier

  • Die AfriForum-buurtwagte in die Hennopsriviervallei help om brande te blus wat in die gebied langs die vallei ontstaan het.

Kempton Park

  • Die Kempton Park-tak verwyder 1,7 ton vullis rondom die plaaslike polisiestasie.

Meyerton

  • AfriForum stig op 6 Julie ’n tak in Meyerton.

Moot

  • Die plaaslike AfriForum-buurtwag en die GPF in die Moot-area van die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit onderteken op 3 Julie ’n samewerkingsooreenkoms.

Vanderbijlpark

  • AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het op 1 Junie 2017 bystand aan die plaaslike polisie gebied ná drie gewapende rowers by ’n eenheid in ’n woonkompleks in Firstraat ingebreek het en deur ’n inwoner geskiet is.
  • AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het op 20 Junie 2017 in samewerking met die SAPD twee gesteelde voertuie opgespoor en aan die eienaars terugbesorg.

Springs

  • Die Springs-tak stuur ’n langtermynprojek van stapel waartydens nuwe huisnommers by wonings in en om Springs aangebring word.

Vanderbijlpark

  • Die Vanderbijlpark-tak beveilig Phoenix-park in Julie in samewerking met die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se sakekamer. Verskeie pale word opgerig om toegang tot die park te beheer, terwyl inligtingsborde opgerig word om gemeenskapslede van die park se reëls en regulasies in te lig.

Wes-Moot

  • Sowat 40 lede van onderskeidelik AfriForum se Wes-Moot-buurtwag en die SAPD het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

Westonaria

  • Die Westonaria-tak rig ’n aanmaning aan die Wesrand Distriksmunisipaliteit nadat watertoevoer na Venterspos afgesny is omdat die munisipaliteit in gebreke gebly het om sy rekeninge te betaal.

Ellisras

  • Die Ellisras-tak voer SANAS-geakkrediteerde watertoetse op die dorp se drinkwater uit omdat aanwysers getoon het dat dit besoedel is.

Phalaborwa

  • Die Phalaborwa-tak het maak die derde keer vanjaar die dorp skoon nadat dié skoonmaakprojek op 26 Mei van stapel gestuur is. Die tak ruim vullis in verskeie strate op.

Pietersburg

  • AfriForum stig op 28 Junie ’n tak in Polokwane (voorheen Pietersburg) wat spruit uit die behoefte van lede van die gemeenskap om swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié stad aan te spreek.

Tzaneen

  • Lede van AfriForum se Tzaneen-buurtwag ontvang op 8 Julie patrollie-opleiding. Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan.

Bethal

  • Die Bethal-tak stig ’n buurtwag in samewerking met die plaaslike GPF om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak plaas die Govan Mbeki Munisipaliteit op terme oor die slordige begraafplaas.

Delmas

  • Die Delmas-tak bied hulp aan ouetehuis en verskaf aan hulle ’n nuwe satellietdekodeerder.
  • Die Argent-buurtwag ontvang opleiding in gemeenskapsveiligheid.

Dullstroom

  • AfriForum se Dullstroom-tak het die gemeenskap se drink- en rivierwater getoets en bevind dat hoewel die drinkwater aan nasionale standaarde vir drinkwaterkwaliteit voldoen, die riviere in die gebied besoedel is.

Leandra

  • Die Leandra-tak ontvang veiligheidstoerusting om die buurtwag in staat te stel om die gemeenskap te beveilig.

Lydenburg

  • Die Lydenburg-tak hou saam met plaaslike rolspelers ’n patrollie-aand op 30 Junie.

Machadodorp

  • Die Machadodorp-tak plaas die plaaslike munisipaliteit op terme oor die damwal se verval.
  • Die tak help met die vastrek van plaasaanvallers in Dries Schoeman-saak.

Middelburg

  • Die Middelburg-tak ontvang veiligheidstoerusting om die buurtwag in staat te stel om die gemeenskap te beveilig.

Secunda

  • Die Secunda-buurtwag ontvang patrollie-opleiding om te verseker dat buurtwag-lede hul gemeenskap beter kan ondersteun.
  • Die buurtwag staan die gemeenskap by deur vure te blus, geknipte heinings te vervang en ʼn waterlekke te herstel.
  • Die tak plaas Govan Mbeki Munisipaliteit op terme weens rioolaanlegte en pompstasies wat buite werking is.
  • Die tak verskaf water aan plaaslike ouetehuise ná dié vir ’n geruime tyd lank sonder water was weens ’n munisipale probleem.

Standerton

  • Die Standerton-tak plaas die Lekwa Munisipaliteit op terme oor die slordige begraafplaas.
  • Die tak ontvang veiligheidstoerusting om die buurtwag in staat te stel om die gemeenskap beter te beveilig.

Witrivier

  • Die Witrivier-tak neem op 14 Julie saam met die SAPD en Full Circle Security aan patrollie aksies deel.

Jeffreysbaai

  • Die Jeffreysbaai-tak doen opknappingswerk aan paaie deur verkeerslyne en padtekens teen R11 000 te herstel.

Stormberg

  • Die Stormberg-tak verplig die Chris Hani Distriksmunisipaliteit om die rioolpomp by Molteno, wat reeds vir ’n jaar lank rou riool in die Stormbergspruit in stort, dadelik te herstel.
  • Die Chris Hani Distriksmunisipaliteit stel op aandrang en voortgesette druk deur ’n AfriForum-afvaardiging ’n kontrakteur aan om die verskaffing van waterrekeninge aan inwoners te behartig. Die groep het ook beding dat die munisipaliteit die afgelope drie jaar se foutiewe waterrekeninge afskryf.

Kuruman

  • Die Kuruman-tak begin straatligte in die woonbuurte vervang.
  • Die tak bied insidentbeheeropleiding vir buurtwaglede aan sodat hulle die gemeenskap beter kan bedien.

Posmasburg

  • Die Postmasburg-tak oortuig die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA) om Postmasburg te besoek.

Springbok

  • Die Springbok-tak doen ’n begraafplaasoudit.

Upington

  • Die Upington-tak bied patrollie-opleiding vir buurtwaglede aan om die gemeenskap beter te beveilig.

Hessequa

  • Die Hessequa-tak dien ’n formele klag by die kantoor van die openbare beskermer in oor die foutiewe vertolking van die rooilynkusdiagramme deur die landmeter-generaal.

Kaapstad-Noord

  • Die Kaapstad-Noord tak neem rioolmonsters van die see by Mouille Punt ná gerugte dat die Stad Kaapstad rou riool in die see stort.

Mosselbaai

  • Die Mosselbaai-tak versoek die Mosselbaai-SAPD om ondersoek in te stel na moontlike brandstigting na die veldbrande in Heiderand.

Portefeuljesuksesse

Omgewingsake

  • Die omgewingsake-afdeling loods in samewerking met Pretoria FM ’n skoonmaakaksie in Centurion waartydens nagenoeg 200 sakke vullis opgetel is. Die aksie word geloods omdat Junie Wêreldomgewingsmaand is.
  • AfriForum toets op 20 Julie die gehalte van Kaapstad se riooluitvloei in die see. Die resultate word binnekort bekend gemaak. Dit volg ná gerugte van rou riool wat daagliks in die see gepomp word.
  • AfriForum toets as deel van die jaarlikse blou-en-groendruppelprojek 156 dorpe se drinkwater en 87 rioolwerke regoor Suid-Afrika. Drie dorpe se water is vuil, waarna aanmanings aan die betrokke munisipaliteite gestuur word. Opvolgtoetse toon dat die drinkwater in twee dorpe nou skoon is – die derde dorp se resultate sal volg.

Jeug

  • Veertien studente van AfriForum Jeug-takstrukture by universiteite regoor Suid-Afrika neem tydens die vakansie aan AfriForum se jaarlikse internskapprogram deel.