|

Taklede trotseer inperking, koue om slaggate te herstel

Dirk Venter, Christo van der Walt en Barry Jacobs, lede van die AfriForum-tak in Potchefstroom, trotseer weekliks tussen 06:00 en 09:00 die koue wintersoggende om slaggate in dié dorp te herstel.

Ondanks die nasionale inperking wat herstelwerk bemoeilik (en Venter wat boonop ’n hartoperasie moes ondergaan) het die tak vanjaar reeds 575 slaggate herstel – en meer as 6 100 oor die afgelope drie jaar.

“Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit versuim in hul plig om paaie in stand te hou en slaggate te herstel. AfriForum kan egter nie agteroor sit en toekyk hoe die dorp verval nie. Daar is krag in ’n gemeenskap wat saamstaan om ’n verskil te maak en ek hoop daarom dat ander lede van die gemeenskap by die tak sal inskakel om ’n nóg groter verskil te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Kontak vir Dirk Venter by 082 953 3155 of Christo van der Walt by 083 644 6194 om by die slaggatprojek betrokke te raak.

Soortgelyke plasings