--> -->
Spyskaart +

Plaaslike Regering

Nuwe uitbreiding in Vaalharts sonder gemeenskapsdeelname goedgekeur

Februarie 7, 2017 deur Natasha Venter

Die AfriForum-tak in Vaalharts het ’n petisie begin oor ’n nuwe uitbreiding in dié gebied. Hoewel die gemeenskap nie teen die uitbreiding gekant is nie, is die algemene konsensus in die gemeenskap dat hulle geen aandeel in die beplanning van … Continue reading

Lekwa-Teemane Munisipaliteit ignoreer AfriForum se vrae

Februarie 6, 2017 deur Natasha Venter

AfriForum het op 24 Januarie 2017 ’n dringende aksieplan van Kagiso Palagangwe, burgemeester van die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit, geëis rakende die terugbetaling van Eskom-skuld, sowel as algemene diensleweringskwessies. Die burgemeester het, ondanks verskeie probeerslae om hom te kontak, eers vanoggend … Continue reading

AfriForum lê klag van strafbare manslag teen Eskom se Koko

Februarie 2, 2017 deur Natasha Venter

AfriForum het op 2 Februarie 2017 in samewerking met die gemeenskap van Grabouw ’n klag van strafbare manslag teen Matshela Koko, die waarnemende hoof uitvoerende beampte van Eskom, by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak.

Naledi Plaaslike Munisipaliteit sny Eskom se krag

Februarie 1, 2017 deur Natasha Venter

Die Naledi Plaaslike Munisipaliteit het die Eskom-kantore in Vryburg se elektrisiteitstoevoer afgesny weens ’n agterstallige rekening.

Beweerde munisipale wanbesteding in Postmasburg laat bloeddruk styg

Februarie 1, 2017 deur Natasha Venter

AfriForum se Postmasburg-tak eis munisipale optrede nadat watertoevoer op Sondag, 29 Januarie 2017, drasties deur Sedibeng Water verminder is.