Spyskaart +

Plaaslike Regering

Munisipaliteit begin straatligte herstel nadat AfriForum ingryp

Februarie 14, 2017 deur Natasha Venter

Die AfriForum-tak in Kimberley het op 9 Februarie 2017 Projek Straatligpatrollie van stapel gestuur waarna die plaaslike munisipaliteit op 13 Februarie 2017 begin het om straatligte te herstel. Die tak is verheug dat die munisipaliteit dringend aan die saak aandag gee.

AfriForum waarsku dat verbruikers in effek Eskomskuld gaan betaal

Februarie 13, 2017 deur Natasha Venter

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd dat munisipaliteite wat Eskom geld skuld die verbruiker gaan laat opdok om dié skuld te delg.

Selfdoenprojekte werp vrugte af – munisipaliteit stel aksieplan bekend

Februarie 13, 2017 deur Natasha Venter

Na volgehoue druk deur die AfriForum-tak in Tzaneen het die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit ’n aksieplan om elektrisiteitsprobleme op te los, bekend gestel. Die plan sluit ook sperdatums vir die voltooiing van sekere take in.

Kimberley-straatligte steeds buite werking

Februarie 10, 2017 deur Natasha Venter

Die AfriForum-tak in Kimberley het onlangs Projek Straatligpatrollie van stapel gestuur. Die doel van die projek is om te verseker dat stukkende straatligte in dié stad herstel word. Dit behels ook onder meer dat die koördinate en ligging van elke … Continue reading

AfriForum se Mosselbaai-tak vergader met stadsraad

Februarie 9, 2017 deur Natasha Venter

  Die bestuur van die AfriForum-tak in Mosselbaai het op 7 Februarie 2017 ’n ininligtingsessie vir die uitvoerende raad van die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit aangebied.