Spyskaart +

Plaaslike Regering

Phokwane Plaaslike Munisipaliteit betaal AfriForum-regskoste

Februarie 28, 2017 deur Natasha Venter

Die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit het die burgerregte-organisasie AfriForum se regskoste ten bedrae van R265 000 betaal soos in 2016 deur die Noord-Kaapse hoë hof in Kimberley gelas. AfriForum het sy regspan op 8 Februarie 2017 opdrag gegee vir die uitreik en tenuitvoerlegging van … Continue reading

AfriForum se Springbok-tak beteken aanmaning op munisipaliteit

Februarie 22, 2017 deur Natasha Venter

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Springbok-tak het op 17 Februarie 2017 ’n aanmaning op Samantha Titus, bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, beteken.

AfriForum se Warrenton-tak oorhandig wenslys aan munisipaliteit

Februarie 21, 2017 deur Natasha Venter

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Warrenton-tak het op 20 Februarie 2017 met die burgemeester van Magareng Plaaslike Munisipaliteit en die plaaslike besigheidskamer vergader. Dít volg nadat die tak verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het waaraan hulle graag deur die loop van die jaar … Continue reading

AfriForum-tak in Vryburg eis volhoubare antwoorde van munisipaliteit

Februarie 20, 2017 deur Natasha Venter

Die AfriForum-tak in Vryburg het op Vrydag, 17 Februarie 2017, opnuut ʼn stel vrae aan Neo Skalk, die burgemeester, en Conny Malefo, waarnemende munisipale bestuurder van die Naledi Plaaslike Munisipaliteit, oorhandig.

Vaalharts-tak oorhandig PAIA-aansoek aan munisipaliteit

Februarie 20, 2017 deur Natasha Venter

Die AfriForum-tak in Vaalharts het op Vrydag 17 Februarie 2017 ʼn afspraak met mev. Mogale, die munisipale bestuurder van die Phokwane Munisipaliteit, gehad om ʼn aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, (PAIA) aan … Continue reading