| | |

Sukses: Klagtes teen Dwarskerbos-inwoners teruggetrek ná AfriForum ingryp

Adv. Phyllis Vorster, ’n aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, kon vandag daarin slaag om die staat te oorreed om klagtes teen gemeenskapslede van Dwarskersbos vir die beweerde oortreding van inperkingsregulasies terug te trek. Die eenheid staan ook op 16 Julie 2020 lede van die gemeenskap by in die munisipale ondersoek na die wangedrag van onder andere Jerome Pedro en Tertius Pool, verkeersbeamptes van die Bergrivier Munisipaliteit.

AfriForum staan tans inwoners van Dwarskersbos by wat tydens die inperking deurgeloop het weens wetstoepassers se beweerde onbillike en arbitrêre magsmisbruik. Die eenheid het vroeër Pedro se skorsing versoek, asook dat die strafregtelike klagtes teen inwoners vir die sogenaamde oortreding van inperkingsregulasies teruggetrek word.

“AfriForum verwelkom die staat se besluit om die klagtes terug te trek en voel dat geregtigheid en redelikheid vandag geseëvier het. Dit blyk dat sommige wetstoepassers die oortredings van die regulasies misbruik het as ’n verskoning om gewone, wetsgehoorsame mense in misdadigers te verander. Om mense soos misdadigers te behandel bloot omdat hulle op die strand gestap het terwyl almal probeer sin maak van regulasies wat gereeld verander, is irrasioneel en ’n skending van gemeenskapslede se regte,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Soortgelyke plasings