#StopMetroMagsmisbruik

Klagtekanaal vir wangedrag van metropolisie

AfriForum staan tans twee slagoffers van beweerde magsmisbruike deur die Tshwane-metropolisiedepartement (TMPD) by. Kymie du Toit en prof. André Thomashausen het onlangs deurgeloop onder beweerde wangedrag van sekere TMPD-lede en niemand is nog verantwoordbaar gehou nie. AfriForum het by hierdie sake betrokke geraak om toe te sien dat die betrokke TMPD-lede aan die pen ry om as voorbeeld te dien vir diegene in die TMPD wat motoriste terroriseer.

AfriForum het waardering vir metropolisie wat hul werk pligsgetrou doen en padverbruikers se veiligheid probeer verseker, maar veroordeel die beweerde gevalle van magsmisbruik en wangedrag deur sekere lede van die TMPD ten sterkste. Die burgerregte-organisasie het daarom hierdie klagtekanaal oopgestel waar lede van die publiek enige wangedrag (soos omkoopversoeke) kan rapporteer.

Hierdie klagtes sal ook direk aan luitenant-generaal Johanna Nkomo, Hoof van die TMPD, gestuur word.

AfriForum het ook ’n gids opgestel oor wat padverbruikers kan doen om hul regte te beskerm.

Soortgelyke plasings