--> -->
Spyskaart +

#StopMalema

Julie 10, 2019 deur Admin

Help AfriForum om toe te sien dat geregtigheid geskied:

Ondersteun ons poging om geregtigheid te laat geskied en sluit vandag nog by AfriForum aan:

AfriForum voer tans drie hofsake teen Julius Malema. AfriForum eis dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sy grondwetlike plig moet nakom om Malema en die EFF vir hul wandade te vervolg.

Sou die NVG nie dié partye wil vervolg nie, staan AfriForum se privaatvervolgingseenheid gereed om hulle privaat te vervolg.

AfriForum verskerp ook sy fokus op veral drie sake: Bedrog, aanranding en die afvuur van ’n vuurwapen.

Malema moet boet.

Steun dié veldtog en skenk R10 vir regskostes. SMS “Vervolg” na 38312 (R10 per SMS).

Maak ’n skenking aan die regsfonds om ook ander soortgelyke sake te kan voer en wen. E-pos donasies@afriforum.co.za vir die toepaslike bankbesonderhede.

AfriForum vs. Malema en die EFF tot op hede:

Datum Voorval Verloop en sukses bereik
7 Maart 2017 Malema en die EFF hits onwettige grondgrype aan. AfriForum verkry ’n interdik om dié optrede te verbied.
12 Sept. 2017 Malema en die EFF se hofstukke is laat. AfriForum verkry kostebevel teen Malema en die EFF.
18 Feb. 2018 Malema en die EFF daag nie by die hof op nie. AfriForum verkry kostebevel teen Malema en die EFF.
19 April 2018 AfriForum en adv. Gerrie Nel wil Malema privaat vir die beweerde On-Point-korrupsie  vervolg as die NVG versuim om dit te doen. AfriForum gaan nou die hof nader om die NVG te dwing om ’n besluit oor die vervolging van Malema te neem.
14 April 2018 Malema rand ’n polisiebeampte aan. AfriForum gaan nou die hof nader om die NVG te dwing om ’n besluit oor die vervolging van Malema te neem.
1 Aug. 2018 AfriForum lê ’n klag teen Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar. AfriForum gaan nou die hof nader om die NVG te dwing om ’n besluit oor die vervolging van Malema te neem.
4 Nov. 2018 Malema en die EFF betaal nie AfriForum se regskostes nie. AfriForum verkry ’n hofbevel om op hul bates beslag te lê.
13 Nov. 2018 Malema en die EFF skuld AfriForum geld in terme van die kostebevel. Malema en die EFF betaal byna R127 000 aan AfriForum.
14 Nov. 2018 AfriForum bring ’n aansoek van minagting van die hof teen Malema. Sy hofstukke is laat. Die hof staan ’n kostebevel aan AfriForum toe.
14 Nov. 2018 Malema en die EFF nader die hof om te verhoed dat AfriForum op hul bates beslag lê. Die hof staan ’n kostebevel teen Malema en die EFF toe.
13 Jan. 2019 Malema en die EFF skuld AfriForum geld in terme van die kostebevel. Malema en die EFF betaal byna R109 000 in regskostes aan AfriForum.
2 Junie 2019 AfriForum maan Malema aan om sy regskostes te betaal. Malema en die EFF betaal ’n verdere R109 000 in regskostes aan AfriForum.