Spyskaart +

#STOPKWOTAS

Junie 27, 2017 deur Admin

AfriForum en Solidariteit nader internasionale sportliggame om politieke inmenging in sport hok te slaan

“Suid-Afrikaanse sport verdien meriete en meriete alleen. Jaarliks word gesien hoe politieke inmenging in sport toeneem, en dít nadat die ANC tydens die vorige bedeling aangevoer het dat meriete die enigste maatstaf moet wees,” sê Henk Maree, woordvoerder van AfriForum.

Volgens Solidariteit is die ooreengekome kwotas nie alleen teen die wet nie, maar dit druis in teen ooreengekome internasionale norme. “Dit is skreiend dat die regering sulke strawwe rassekwotas afdwing. Dit is egter nie verrassend nie. Vir die regering is plaaslike rassewetgewing en internasionale ooreenkomste maar net lippetaal,” sê Anton van der Bijl, woordvoerder van Solidariteit.

Voeg jou naam by AfriForum se klagte teen rassekwotas in Suid-Afrikaanse sport wat die burgerregte-organisasie by verskeie internasionale sportliggame gaan indien.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.