--> -->
Spyskaart +

#STOPDIEMOORDE – Tydlyn

Oktober 26, 2017 deur Anita Erasmus

AfriForum dryf reeds sedert 2012 ’n veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer. Hoewel die organisasie van mening is dat die probleem nog nie ten volle opgelos is nie, beskou dit die aankondiging as ’n reusesprong in die regte rigting. 

Hieronder volg die belangrikste mylpale in die veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer: 

2012

25 Mei               Kranslegging by en memorandum aan die kantoor van mnr. Nathi Mthethwa, destydse Minister van Polisie. In totaal word 1 445 rose neergelê.

19 Junie            AfriForum hou ’n “Stap teen geweld”-optog na die Uniegebou in samewerking met Bobby en Karlien van Jaarveld. ’n Memorandum word aan president Zuma se verteenwoordiger oorhandig.

4 Oktober          AfriForum rig ’n skrywe aan president Zuma waarin die realiteit van plaasmoorde uitgelig word.

30 November    Memorandums word aan 100 polisiestasies regoor Suid-Afrika gerig. In die memorandums word daar sterker ingryping teen plaasmoorde versoek.

1 Desember      Protesoptog na die minister se kantoor.

2013

8 Januarie         AfriForum verkla die polisieminister by die openbare beskermer.

17 Januarie       Honderde plaasaanvalslagoffers se briewe word aan die polisieminister oorhandig.

20 Februarie      AfriForum verskerp sy plaasmoordeveldtog.

 

20 Maart            AfriForum neem plaasmoorde met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) op nadat die organisasie deur verskeie slagoffers en hul families genader is.

30 Mei               AfriForum en slagoffers versoek SAMRK-verhoor oor plaasmoorde. 

 

18 Junie            AfriForum lê polisienalatigheid in plaasaanvalle by blitskonferensie bloot.

 

11 Julie              Die “Stop die moorde”-veldtog word van stapel gestuur.

 

27 Junie            AfriForum volg dubbelstrategie teen plaasmoorde.

 

12 Augustus      AfriForum bevestig opnuut dat plaasmoorde nie deur die normale regsprosesse bekamp moet word nie en dat slegs ’n gefokusde teenstrategie die krisis volhoubaar sal kan oplos.

28 Augustus      Plaasmoordekranslegging

11 September   AfriForum en slagoffers van plaasaanvalle neem plaasmoordpetisie na die Verenigde Nasies (VN).

18 September   AfriForum begin gemeenskappe self deur middel van buurtwagte en radiostelsels beveilig.

3 Oktober          AfriForum stuur die “Hoe lank nog?”-veldtog van stapel. AfriForum stuur 10 000 e-posse oor plaasmoorde aan die polisieminister.

https://youtu.be/dBfXLIZshBw

26 September   Vyf slagoffers van plaasaanvalle ry 1 000 km met kwadfietse vir die bewusmaking van plaasmoorde.

4 November      Die “Hoe lank nog?”-liedjie word ter ondersteuning van die plaasmoordveldtog bekendgestel. 

26 November    AfriForum by die VN in Genève oor minderheidsregte.

2014

23 Mei               AfriForum by die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede.

23 Junie            AfriForum loods nasionale plaasaanvallestudie.

26 Junie            Wêrelddag teen Marteling: AfriForum betrek Internasionale Raad teen Marteling by die stryd teen plaasmoorde.

3 Julie                Die SAMRK ondersoek veiligheid en menseregte op plase.

27 Augustus      AfriForum maak ’n inligtingstuk bekend om gemeenskappe van plaasmoorde bewus te maak.

10 September   AfriForum neem deel aan ’n internasionale staptog teen plaasmoorde.

 

2015

15 Januarie       Statistiek oor plaasaanvalle en -moorde in 2014 word bekendgemaak. 

2 Februarie        AfriForum besoek die boeremark met plaasmoordkwessies ter bemarking van die film Treurgrond.

21 Maart            AfriForum hou ’n vergadering met mnr. Senzeni Zokwana, die minster van landbou, bosbou en visserye, waar stappe bespreek word om die veiligheid van die boere te verseker. 

16 Mei               Treurgrond, ’n film wat die werklikheid van plaasmoorde uitbeeld, word bekendgestel. AfriForum tree as borg op.

3 Julie                AfriForum besoek Perth, Australië, om bewusmaking te skep vir plaasaanvalle in Suid-Afrika.

4 Augustus        AfriForum dien ’n memorandum vir die prioritisering van plaasmoorde by die kantoor van die minister van polisie in Pretoria in, waarna ’n gestoei tussen AfriForum-lede en die polisie uitbreek.  

5 Oktober          AfriForum versoek dat polisie hul statistiek oor plaasaanvalle bekendmaak.

2 November      AfriForum doen ’n beroep op president Zuma om met die slagoffers van plaasaanvalle in gesprek te tree.

November         AfriForum verklaar November 2015 as nasionale maand van protes teen plaasmoorde.

25 November    AfriForum striem die Suid-Afrikaanse regering by die VN.

1 Desember      AfriForum verskerp sy veldtog vir die internasionale bewusmaking van plaasmoorde. Memorandums word by 15 ambassades ingedien, wat versoek dat dié lande druk op die Suid-Afrikaanse regering moet uitoefen om plaasmoorde te priositiseer.

2016

10 Februarie      AfriForum maak plaasmoord en- aanvalsyfers vir 2015 bekend, wat aandui dat 2015 die meeste plaasaanvalle in 15 jaar gehad het.

26 Februarie      AfriForum behaal oorwinning in hooggeregshof: Polisie moet plaasmoordstatistiek oorhandig.

2017

16 Maart      Verslag dui op korrelasie tussen politiek, haatspraak en styging in plaasmoorde 

26 April    Plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika: Statistiek dui op drastiese toename in plaasmoorde

25 Oktober    70 plaasmoorde sedert 1 Januarie: AfriForum begin burgerlike mosie van wantroue in Fikile Mbalula