Header Artwork


AfriForum het vandag talle protesbriewe van inwoners van Mpumalanga teen die president se versoek – dat munisipaliteite van dié provinsie 2 000 mense na die presidensiële inhuldiging in Pretoria op 25 Mei 2019 moet aanry – by die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake in Nelspruit ingedien. Die burgerregte-organisasie het ook ’n protesbrief aan die presidensie gestuur rakende hierdie kwessie.

Munisipaliteite sukkel reeds om die mas op te kom en kan nie eens basiese dienste aan inwoners verskaf nie weens ’n gebrek aan fondse. Belastingbetalers gaan gebuk onder ongereelde of geen watertoevoer, vullis wat nie verwyder word nie en rou riool wat in die strate afloop omdat munisipaliteite versuim om hul grondwetlike plig na te kom.

“As jy die huidige ekonomiese toestand van Suid-Afrika in ag neem, is die kostes verbonde aan hierdie presidensiële inhuldiging ongegrond. Dit is onregverdig en onverantwoordelik van die presidensie om boonop hierdie juk op munisipaliteite te plaas. Dit is tyd vir burgers om op te staan teen hierdie verkwisting en dít is presies wat hierdie veldtog verteenwoordig. Daarom sê ons ‘stop die bus’ met die verkwisting van munisipale fondse,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Graag versoek ons dat indien jy of iemand waarvan jy weet ’n negatiewe ervaring by enige stemlokaal gehad het, julle dit asseblief met ons sal deel: https://www.afriforum.co.za/jou-en-afriforum-se-gesamentlike-ovk-verslag/

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN