Spyskaart +

Stop Valke-intimidasie

iconset
Augustus 14, 2016 deur afriministrator

 

AfriForum voeg sy stem by ander burgerregte-organisasies en vooraanstaande Suid-Afrikaners wat kapsie maak teen die oënskynlik onbehoorlike optrede van die Valke om Pravin Gordhan, minister van finansies, te vervolg.

Hoekom?

  • Die Valke misbruik moontlik hul mag
  • Suid-Afrika se ekonomie ly skade
  • Beleggersvertroue stort in duie
  • Suid-Afrikaners verloor vertroue in die regstelsel en -staat
  • Pessimisme groei oor nóg ’n nuwe minister van finansies

“AfriForum is van mening dat die aanklagte teen Gordhan ongegrond is. Dit blyk dat die Valke met ’n heksejag teen die minister besig is en alles in hul vermoë doen om hom te verhoed om sy werk te doen. Die Valke se optrede het ’n nadelige invloed op Suid-Afrika se beeld en die ekonomie, en hou ook ernstige implikasies in vir toekomstige reg en geregtigheid in die land,” sê Henk Maree, AfriForum se nasionale woordvoerder.

Jy kan help. Voeg jou naam by ons petisie: