Spyskaart +

Stop rassekwotas in sport!

Augustus 1, 2016 deur afriministrator

Die minister van sport, Fikile Mbalula, wil sportkwotas op alle sportsoorte in Suid-Afrika afdwing. Fikile Mbalula het teen die einde van April aangekondig dat SA Rugby, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA nie mag voortgaan om die gasheer te wees vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie aangesien hulle, volgens hom, nie hul transformasieteikens behaal het nie. 

Hierdie verbod is afpersing om sportliggame te dwing om die regering se rasse-ideologie van transformasie af te dwing. Internasionale sportliggame verbied enige vorm van politieke inmenging in sport uitdruklik.

AfriForum en Solidariteit gaan die ANC se rasse-ideologie by die VN teenstaan, dit nadat Fikile Mbalula sportkwotas in Suid-Afrika wil afdwing. Internasionale sportliggame verbied enige vorm van politieke inmenging in sport. Ons benodig 100 000 stemme. Jou stem maak ons sterker. As jy teen rassekwotas gekant is, stem deur hier te klik.