Stop die Covid-19-kwarantynkampe

AfriForum het op 15 Mei 2020 ’n dringende aansoek in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, se drakoniese regulasies ongeldig te laat verklaar. Dié regulasies is daarop gemik om almal wat positief toets vir COVID-19 onder verpligte staatskwarantyn te plaas.

“Dié regulasies gee aan die staat die mag om mense sonder hul toestemming in kwarantyn te dwing – selfs in omstandighede waar die persoon in staat is om doeltreffend te selfisoleer. Dit gee aan wetstoepassers en die staat té veel mag onder die vaandel van die bekamping van die verspreiding van die virus,” sê Monique Taute, bestuurder van Veldtogte by AfriForum.

“Wanneer die staat eenmaal inbreuk maak op mense se mees basiese regte van menswaardigheid, vryheid van beweging en sekerheid van persoon, word dit in die toekoms al hoe makliker om sulke skendings te regverdig. Selfs die Verenigde Nasies (VN) het onlangs sy kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse regering se toksiese inperkingsregulasies. AfriForum veg met hierdie hofsaak en met ons internasionale veldtog (wat ’n klag by die VN insluit) vir die behoud van die fundamentele regte van elkeen in die land,” sluit Taute af.

Steun AfriForum in die saak. Teken die petisie hier:

Soortgelyke plasings