Stellaland-buurtwagte hou streek veilig as deel van die nasionale patrollie


AfriForum-buurtwagte het op 8 en 9 Maart die Stellaland-streek veilig gehou as deel van die nasionale patrollie wat AfriForum geloods het. Die Biesiesvlei-, Bloemhof-, Christiana‑, Delareyville-, Schweizer-Reneke- en Vryburg-takke het aan die patrollie deelgeneem. Vryburg sluit die Stella- en Komtiekie-plaaswag in. Verskeie veiligheidsinstellings – wat die SAPD, munisipale verkeersbeamptes, plaaslike sekuriteitsmaatskappye, insleepdienste en ambulanse insluit – het ook aan dié patrollie deelgeneem.

Altesame 470 patrolleerders het meer as 5 878 km in 230 voertuie afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Ons bedank elke patrollielid, die bevelvoerders van die verskillende polisiestasies en verkeersafdelings, die onderskeie sekuriteitsmaatskappye, mediese personeel en elke ander persoon wat Vrydagaand hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak en misdaad in die streek te bekamp,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.
“AfriForum doen ’n beroep op alle inwoners van die Stellaland-streek om by veiligheidsinstellings soos die plaaslike buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke raak hoe beter kan ons misdaad bekamp en hoe veiliger kan ons in ons onderskeie dorpe leef,” sluit Pretorius af.

SMS “Stellaland” na 45353 (R1) om by ’n buurtwag betrokke te raak.

Soortgelyke plasings