Spyskaart +

Stap teen geweld-optog na die Uniegebou

Januarie 14, 2015 deur Admin

19 Junie 2012

In samewerking met Bobby en Karlien van Jaarsveld en verskeie ander kunstenaars, het AfriForum ‘n protesoptog na die staatspresident se kantoor by die Uniegebou gehou. Meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners het aan die optog deelgeneem.

‘n Memorandum is aan President Zuma se verteenwoordiger oorhandig. In die memorandum word oor die hőe vlakke van geweldsmidaad en brutaliteit beswaar gemaak en die president se ingryping is gevra. Die memorandum het onder meer vir die prioritisering van plaasmoorde gevra. Die president is gevra om voor 31 Julie 2012 op die memorandum te reageer. ‘n Kennisgewing van ontvangs is na afloop van die oorhandiging uitgereik, sowel as ‘n skrywe van die president se kantoor dat die saak na Mthethwa verwys is. Om onduidelikheid uit die weg te ruim het AfriForum die memorandum self ook vir Mthethwa gestuur. Mthethwa het die president se verwying na sy kantoor geïgnoreer en nooit gereageer nie.