Standerton-tak maak dorp skoon

 

Die AfriForum-tak in Standerton het die afgelope naweek met ’n skoonmaakprojek in Dr Nelson Mandelarylaan, die hoofstraat in dié dorp, afgeskop.
Volgens Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga, het die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit se versuim om dié straat te onderhou die burgerregte-organisasie genoop om in te gryp.

“Die tak het reeds gras gesny en ook bome wat gevare vir motoriste inhou, verwyder. Die eerste gedeelte van dié skoonmaakprojek is vanaf die Vaalrivier-treinbrug tot by Mulderstraat voltooi. Die tak beplan om die skoonmaakprojek volgende vanaf die Vaalrivier-brug tot by Vrystraat voort te sit,” verduidelik Jaco Taljaard, voorsitter van plaaslikeregeringsake by AfriForum se Standerton-tak.
“AfriForum sal deurlopend soortgelyke projekte aanpak om ’n wesenlike verskil in die dorp te maak,” sê Coetzer.

Ondersteun AfriForum se Standerton-skoonmaakprojekte deur “Skoonmaak” te SMS na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings