--> -->
Spyskaart +

Slaggate in Mogale City ʼn teer saak

Maart 28, 2014 deur Esmarie Prinsloo

AfriForum het die afgelope paar weke verskeie klagtes van die Krugersdorp-gemeenskap ontvang oor gevaarlike slaggate in die Mogale City munisipale area. Dié klagtes is opgevolg met gesprekke tussen AfriForum en bekende bandbesighede in Krugersdorp, wat bevestig het dat die aantal bande wat herstel of vervang moet word, drasties toeneem.

Marcus Pawson, AfriForum se gemeenskapsorganiseerder vir Gauteng-Suid, het gesê AfriForum word oorval met navrae en klagtes uit Krugersdorp oor verskeie diensleweringsprobleme.

“’n Brief is gerig aan die hoof van die departement van infrastruktuur binne die munisipaliteit en aan die munisipale bestuurder, mnr. Dan Mashitisho. Ons sal seker maak mnr. Mashitisho, ontvang die inligting en foto’s van die slaggate, sodat hy die erns en omvang van die probleem ter harte kan neem.”

AfriForum stig ook binnekort ʼn tak in Krugersdorp om die gemeenskap by te staan op die terreine van plaaslikeregeringsake, gemeenskapsveiligheid en omgewingsake. Die takstigting vind op 2 April 2014 om 18:30 te Hoërskool Monument plaas.

Raak betrokke. SMS jou dorp se naam aan 45342. 50c/SMS.