Skut beskadig: AfriForum rig versoek aan NRP

Die burgerregtewaghond AfriForum het op Woensdag, 30 Augustus 2017 ’n versoek aan die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gerig aangaande die vernieling van die nuutgeboude skut by Paulpietersburg.


Dit volg nadat AfriForum verskeie versoeke gerig het aan T.V. Mkhize, die munisipale bestuurder, en S.J. Kunene, die burgemeester, om hierteen op te tree.

“Rondloperbeeste is ’n toenemende probleem vir Paulpietersburg se inwoners en dit is onaanvaarbaar dat daar toegelaat word dat die skut (wat ’n oplossing vir hierdie probleem bied) deur vandaliste afgebreek word,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Soortgelyke plasings