|

Skoliere spel speel-speel in Bloemfontein

Laerskoolleerlinge se uitmuntende spelvernuf het volwassenes se monde laat oophang tydens vanjaar se Spel-en-Speel-kompetisie in Bloemfontein.

Dié spelkompetisie word sedert 2014 deur die burgerregte-organisasie AfriForum, in samewerking met Volksblad en die Onafhanklike Skool Eduplus, vir beide moedertaal- en eerste addisionele taalsprekers aangebied.

Volgens Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, is dié kompetisie ’n prettige manier om kinders van die belangrikheid van spelling bewus te maak.

“AfriForum hoop dat kompetisies van die aard ’n liefde vir korrekte Afrikaans by kinders sal aanwakker.”

Die wenners vir 2017 is as volg:

Afrikaans Huistaal

  • Bea-nè Schoeman – gr. 4
  • Carla Froneman – gr. 5
  • Ricu van der Bergh – gr. 6
  • Marjolijn Visser – gr. 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

  • Anebel Venter – gr. 4
  • Lucy Groenewald – gr. 5
  • Sydney Ngxokela – gr.6
  • Liam van Zuydam – gr.7

Soortgelyke plasings