| |

Skoleveiligheidsgids

AfriForum is opgewonde om ’n nuwe skoleveiligheidsgids in samewerking met AfriForum se onderwys- asook gemeenskapsveiligheidsbene bekend te stel.

Hierdie nuwe skoleveiligheidsgids sal skole in staat stel om te verseker dat hulle oor die nodige en korrekte veiligheidsmaatreëls beskik sodat die skool voorbereid en leerders en onderwysers in ’n noodsituasie veilig kan wees.

Met die skoleveiligheidsgids wil AfriForum skole bemagtig om proaktief op te tree deur oudits by skole te doen wat betref die veiligheid van die skool en leerders, en om maatreëls in plek te stel om die veiligheid van die leerders in skole te verbeter.

Ons wil graag skole, ouers en onderwysers uitnooi om ’n SMS na 42314 (R1) te stuur indien daar ’n behoefte is dat die skole in die gemeenskap besoek word of die onderstaande vorm in te vul:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Carien Bloem by onderwys@afriforum.co.za.

Mediaverklaring: Skoleveiligheidsgids

Soortgelyke plasings