|

Skenking van R25 000 aan Voortrekkermonument oorhandig

AfriForum en verteenwoordigers van die Voortrekkermonument Draf & Stap Klub het vandag ’n skenking van R25 000 aan die Voortrekkermonument oorhandig. Dié bedrag is die opbrengs van die 2020 AfriForum Springbok Vasbyt-padwedloop wat deur die klub georganiseer en deur AfriForum geborg is. By die geleentheid is hulde ook gebring aan Leon Bezuidenhout (1966–2020), stigter van die klub, wat Sondag oorlede is. Innige meegevoel word aan sy geliefdes betuig.

Die Voortrekkermonument se deure is nou ook weer amptelik oop vir besoekers.

 

Soortgelyke plasings