SAPD en GPF loof AfriForum se Voëlklip-buurtwag vir lae misdaadsyfer in April


Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak, is op Woensdag, 23 Mei tydens die bestuursvergadering van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum deur kol. Luthando Nosilela, bevelvoerder van die Hermanus-polisiestasie, vir die besondere lae misdaadsyfer in April vanjaar gelukgewens.
Die Voëlklip-buurtwag, wat deel van AfriForum se Overstrand-tak vorm, is ongeveer ’n jaar gelede gestig nadat misdaad in hierdie gebied drasties toegeneem het. Nadat die buurtwag veiligheidstoerusting en -opleiding onder leiding van AfriForum se Overstrand-tak ontvang het, het die misdaadsyfer geleidelik begin afneem.

“Elke buurtwaglid se bydrae, asook die bekwame leiding van die buurtwagvoorsitter Theuns Coetzee, is van onskatbare waarde om misdaad te bekamp. Die buurtwag patrolleer bedags op hul motorfietse en saans per motor,” sê Van Dalen.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings