| |

SAPD antwoord oor vuurwapenlisensiehernuwingsaansoeke tydens staat van inperking

Die SAPD het in ’n skrywe wat deur brig. Lawrence Nkgweng onderteken is, ontvangs van AfriForum se skrywe van 25 Maart 2020 bevestig. Die burgerregteorganisasie se regspan het hul skrywe aan genl. Bheki Cele, Minister van Polisie, asook genl. Khehla Sithole, Nasionale Polisiekommissaris, gerig.

AfriForum se skrywe het onder meer die organisasie se kommer uitgespreek dat die staat van inperking vuurwapeneienaars se vermoë om hulle vuurwapenlisensies betyds te hernu negatief sal beïnvloed. AfriForum se skrywe doen verder navraag oor die moontlikheid dat ’n uitstelperiode aan vuurwapenlisensiehouers gegun moet word wat hierdie dilemma in die gesig staar.

“Die feit dat die polisie per skrywe erken dat hulle aandag aan hierdie aangeleentheid gee, bevestig dat hulle nou kennis dra van die onsekerheid en petalje waarin die geaffekteerde vuurwapeneienaars hulself bevind. AfriForum sal nou die SAPD dophou en aandring op stappe om die gemelde vuurwapeneienaars by te staan,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

Soortgelyke plasings