Sandrivier-omgewing ontvang opleiding


AfriForum het op Saterdag 13 April 2019 opleiding aan lede van die Sandrivier-buurtwag gebied. Die AfriForum-tak in Welkom het hierdie opleiding aangevra en verskeie dorpe se plaas- en buurtwagte het daaraan deelgeneem.

Die groep het opleiding in verskeie veiligheidsmodules ontvang met die doel om misdaad in die verskeie omgewings te bekamp en om die gemeenskap met die nodige kennis toe te rus. Die modules het regsaspekte, radiospraakprosedures en patrollie-opleiding ingesluit.

“Ons moet ons gemeenskappe met die nodige kennis en opleiding toerus sodat hulle hulself kan beveilig. Wanneer ons as gemeenskap saamwerk, kan ons misdaad bekamp en ’n veiliger omgewing vir elkeen skep,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.
“AfriForum moedig gemeenskappe aan om meer betrokke te raak by hul plaaslike buurtwagte en veiligheidstrukture,” voeg Nel by.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings