Samewerking tussen buurtwag, kabeldiefstaleenheid en privaat sekuriteit voorkom kabeldiefstal in Pretoria-Wes


Lede van AfriForum se Pretoria-Wes-buurtwag, die Tshwane-metro se kabeldiefstaleenheid en ’n privaat sekuriteitsmaatskappy het in die vroeë oggendure van 17 Maart twee voorvalle van kabeldiefstal in onderskeidelik Kerk- en Maundestraat gefnuik.

“Die puik samewerking tussen AfriForum, die metro se kabeldiefstaleenheid en die privaat sekuriteitsmaatskappy het daartoe gelei dat ons die kabeldiewe kon verjaag voordat enige kabels gesteel of beskadig is,” sê Francois Oberholzer, voorsitter van AfriForum se Pretoria-Wes-tak.
“Ons bedank elke buurtwaglid vir sy onbaatsugtige bydrae en tyd wat opgeoffer word om hierdie gemeenskap veiliger te maak,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Pretoria-Wes-tak en -buurtwag betrokke: Stuur ’n e-pos na tiaan.oosthuizen@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings