Samewerking tussen AfriForum en SAPD lei tot suksesvolle arrestasie


AfriForum se Bellville-buurtwag het op 17 September die SAPD bygestaan om ’n vermeende inbreker vas te trek.

Die vermeende inbreker is gewaar waar hy by twee huise ingebreek het, waarna die SAPD ontbied is. Die inbreker kon egter nie onmiddellik opgespoor word nie, maar Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak en lid van die organisasie se Bellville-buurtwag, het vasgestel waar hy van plan was om te oornag en het die SAPD na die inbreker se slaapplek geneem waar hy positief geïdentifiseer is as die vermeende inbreker. Die SAPD het hom daarna gearresteer.

“Goeie deurlopende beplanning en skakeling tussen alle rolspelers het verseker dat die vermeende inbreker opgespoor en suksesvol gearresteer kon word. Dit is weer eens ’n bewys dat samewerking en die handhawing van goeie verhoudings tussen alle rolspelers van uiterste belang is,” sê Van Zyl.

Enige persoon wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak kan die woord “Veilig” na 45353 SMS (R1).
Raak vandag nog by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak betrokke: Stuur ’n e-pos na deon.dejager@afrifroum.co.za.

Soortgelyke plasings