|

Rustenburg-tak versprei honderde hulppakkette tydens staat van inperking

“Talle mense in ons gemeenskap gaan gebuk onder die Korona-pandemie en dit is vir ons baie belangrik om hulle te probeer bystaan sodat hulle weer op hulle voete kan kom,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder in Marico.

Byna 650 behoeftige gesinne is tydens die staat van inperking deur AfriForum en Solidariteit Helpende Hand se Rustenburg-takke met hulppakkette (wat elk ’n maand se kosvoorraad bevat), bygestaan. Verskeie nie-bederfbare goedere én vars produkte is ook deur plaaslike besighede en boere aan dié organisasies geskenk.

Besoek https://afriforum.co.za/kontak/donasies/taknoodfonds/ om ʼn bydrae aan die taknoodfonds te maak.

Soortgelyke plasings