Spyskaart +

REGSADVIES: Die posisie van Afrikaans-medium skole in Gauteng

Augustus 16, 2017 deur Alet Rademeyer

Aan die ouerbeheerliggame en ander verantwoordelikes in Gautengse skole:

Beste Vriende

Na aanleiding van verskeie navrae wat die afgelope maande ontvang is, het AfriForum ’n regsmening oor skoletoelating en taalbeleid van ’n senior advokaat aangevra.  Dié mening en ’n aanhangsel word hierby vir u aandag en gebruik na goeddunke aangeheg.

Indien u enige vrae hieroor het, is u welkom om dit te rig aan onderwys@afriforum.co.za.

Ons herinner u ook weer dat enige probleme met toelatings by AfriForum se klagtelyn onderwys@afriforum.co.za aangemeld kan word.

AfriForum wens u graag sukses met die res van die skooljaar toe!

Vriendelike groete

AfriForum-Onderwys