Spyskaart +

Rassisme – afdanking brief

rassisme-icon-afr
Februarie 28, 2017 deur Admin

AfriForum demands the immediate dismissal of Esethu Hasane, Media and Communication Manager at the Department of Sport and Recreation, for his racist statement on Twitter and Facebook. Add your name below to send an e-mail to Minister Mbalula’s office.

Mr Mbalula

DEMAND FOR THE IMMEDIATE DISMISSAL OF MR ESETHU HASANE

By means of this letter we demand the immediate dismissal of Mr Esethu Hasane, Media and Communication Manager at the Department of Sport and Recreation, for his anti-white racist statement on social media. Mr Hasane made the following comment on both his Twitter and Facebook accounts:

Only Western Cape still has dry dams. Please God, we have black people there, choose another way of punishing white people.

Mr Hasane’s statement again confirms that anti-white racism is rife in your department. His statement does not come as a surprise, as it has already become evident that your Department’s pressure on sport federations to implement rigid racial quotas is not a sincere effort to develop athletes from all communities, but rather a racist campaign to reduce the number of white sportsmen and women in teams. You are trying to hide your Department and Government’s failure to establish sport in township and rural schools by targeting white people.

Furthermore, we demand that you and your Department publicly denounce Mr Hasane’s racist statement and to distances yourselves therefrom without delay.

Yours sincerely

 

AfriForum eis die onmiddellike afdanking van Esethu Hasane media-en-kommunikasiebestuurder by die departement van sport en ontspanning, weens sy rassistiese uitspraak op Twitter en Facebook. Voeg jou naam hieronder by om ‘n e-pos aan minister Mbalula se kantoor te stuur.

Mnr. Mbalula

EIS VIR DIE ONMIDDELLIKE AFDANKING VAN MNR. ESETHU HASANE

Deur middel van hierdie brief eis ons die onmiddellike afdanking van mnr. Esethu Hasane, media-en-kommunikasiebestuurder van die departement van sport en ontspanning, weens sy anti-wit rassistiese stelling op sosiale media. Mnr. Hasane het die volgende stelling op sowel sy Facebook- as sy Twitter-rekening geplaas:

Only Western Cape still has dry dams. Please God, we have black people there, choose another way of punishing white people.
(Dis slegs die Wes-Kaap wat droë damme het. Asseblief, Here, ons het swart mense daar, kies ’n ander wyse waarop U wit mense straf.)

Mnr. Hasane se stelling bevestig weer eens dat anti-wit rassisme in u departement aan die orde van die dag is. Sy stelling kom nie juis as ’n verrassing nie, want dit is reeds duidelik dat u departement se druk op sportliggame om streng rassekwotas te implementeer nie ’n opregte poging is om atlete uit elke gemeenskap te ontwikkel nie, maar om die aantal wit sportmanne en -vroue te verminder. U poog om u departement en regering se mislukking om sport in townships en landelike skole te ontwikkel, weg te steek deur wit mense te teiken.

Ons eis ook dat u en u departement mnr. Hasane se stelling sonder verwyl veroordeel en uself daarvan distansieer.

Die uwe

 

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

* This number will only be used by AfriForum to provide feedback. It will not be forwarded with the letter.
* Hierdie nommer sal slegs vir terugvoer deur AfriForum gebruik word. Dit sal nie saam met die brief aangestuur word nie.