|

R250 000 se slaggate in Bloemfontein herstel

AfriForum het onlangs begin om 738 vierkante meter se slaggate teen ’n koste van R250 000 in die strate van Bloemfontein te herstel.

Volgens Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, moet gemeenskappe nie meer terugstaan en toekyk hoe hul dorpe en stede agteruit gaan nie. “AfriForum sal gedurende die jaar soortgelyke projekte in Bloemfontein aanpak en sodoende die gemeenskap bystaan om te verseker dat die stad se toestand nie versleg nie.”

Hy sê die doel van AfriForum se plaaslike takke is om ’n positiewe en daadwerklike verskil in stede en dorpe te maak.

Die burgerregte-organisasie se jeug-tak in Bloemfontein het óók onlangs ʼn uiters gevaarlike slaggat in Van Rippensingel in Fichardtpark gevul.

Die Jeugtakke van Fichardtpark, Pellissier, Hospitaalpark en Kovsies het dié selfdoenaksie aangepak.

AfriForum se Witbank-tak het ook vandeesmaand fase twee van hul slaggatprojek geloods, waartydens hul met die hulp van ’n plaaslike kontrakteur sowat 37 vierkante meter se slaggate in Plumerstraat voor die NG Kerk Witbank-Suid herstel het.

Gedurende fase een het dié tak reeds 42 vierkante meter se slaggate herstel.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

 

Soortgelyke plasings