|

Projek Nehemia word in Vanderbijlpark uitgerol

AfriForum het tans sowat 90 buurtwagte wat gemeenskappe landwyd beveilig, maar benewens dít poog die burgerregte-waghond ook om proaktief op te tree teen geweldsmisdaad.
Daarom het die organisasie vanjaar hul nasionale veiligheidstrategie, Projek Nehemia, van stapel gestuur wat die kragte van die polisie, buurtwagte, privaatsekuriteitsmaatskappye én gemeenskappe saamsnoer om geweldsmisdaad hok te slaan.
Die toetsfase van die veiligheidsprojek is reeds in Bloemfontein begin en die afgelope naweek is ʼn operasionele beplanningsessie in Vanderbijlpark gehou om te kyk hoe die projek in dié gemeenskap uitgerol kan word.

Soortgelyke plasings