Projek Nehemia op dreef in Overstrand


AfriForum se Projek Nehemia, ’n strategie teen geweldmisdaad, gaan van krag tot krag in die Overstrand. Die burgerregte-organisasie het ’n twee dag lange beplanningsessie wat deur sleutelrolspelers in die bekamping van misdaad bygewoon is, in die Overstrand aangebied.
Hierdie proaktiewe misdaadbekampingstrategie het onder meer ten doel om vennootskappe met sleutelrolspelers te bou en gemeenskappe te bemagtig vir die doeltreffende bekamping van misdaad.
Die SAPD, die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit se beskermingsdienste, verkeersdienste, wetstoepassers, rampbestuursdienste, mediese dienste, privaat sekuriteitsmaatskappye, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), AfriForum-buurtwagte, asook gemeenskapslede het die beplanningsessie bygewoon.

“Ek wil lede van die gemeenskap aanmoedig om aktief by veiligheidstrukture betrokke te raak ten einde misdaad in samewerking met rolspelers soos die polisie te bekamp,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veiligheid” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings